 |

Ek kan verseker nooit 'n webblad hê sonder om ook 'n Afrikaanse
afdeling te hê nie. Afrikaans is dan die mooiste taal in die
wêreld, 'n lewendige taal wat tans regoor die wêreld
gepraat word.
Vir my is Afrikaans 'n taal wat 'n mens laat dink aan warmte en
liefde en aan vriendskap, 'n taal wat 'n mens laat verlang na jou
mense, land en kultuur. Ek glo nie daar is nog 'n taal wat soveel
emosies in 'n mens kan wakker maak soos Afrikaans nie.
Wanneer 'n mens in die buiteland is, en jy raak skielik bewus van
bekende woorde en klanke wat jou ore bereik, dan klop jou hart sommer
vinniger en wel die blydskap en opgewondenheid in jou binneste op.
Hoe kan dit ooit anders wees met 'n taal wat so raak kan sê,
wat so lekker op die tong lê en wat die hartsnare so kan roer?
Hoe dikwels vind 'n mens dat 'n pittige sêding, 'n humoristiese
beskrywing of 'n goeie boeregrappie net nie in 'n ander taal vertaal
kan word nie!
Hierdie is dus my Afrikaanse blad. Hier wil ek interessante, hartroerende
en humoristiese bydraes en grappies in my eie taal opsit. Geniet
dit, en as jy kommentaar het, skryf gerus vir my by afrikaans@rosi.co.za
Daar is outeursreg op al die stories en niks mag gebruik word sonder
die toestemming van die skrywers nie. Kontak my gerus as daar enige
navrae is.
Sondae
Steven is weg
Katsake
Berge en Honde
Cilliers Saamtrek
Naweek van die Nartjies
Taxiry is geen grap nie
Die aardbewing
Die Hond
Huisbesoek
’n Hondelewe
Eendag in die dorp
|
 |